• Home
  • Diere Van Die Bybel (Hardeband)

Diere Van Die Bybel (Hardeband)

(0) No Reviews yet
R130.40
SKU: 9781431616435

Details

Details

30 prettige Bybelstories en diere-feite leer besige bytjies waardevolle lesse oor die diere van die Bybel.

Wanneer jy aan die diere in die Bybel dink, watter dier kom in jou gedagtes op. Is dit een van die diere in Noag se ark? Of miskien die skape wat die skaapwagters die nag van Jesus se geboorte opgepas het? Bekende kinderboek-skrywer Wendy Maartens het ʼn prettige boek vir besige bytjies geskep waarin hulle meer oor die wonderlike diere in die Bybel kan leer.

Diere van die Bybel vertel 30 stories uit die Ou en Nuwe Testament en die diere wat daarin voorkom. Kinders leer watter rol hierdie diere in die Bybel gespeel het en dat hulle steeds vandag tussen ons leef. Elkeen van die stories bied interessante diere-feite en ʼn prettige idioom sodat kinders op ʼn speelse manier meer leer van die diere wat God geskep het.

Catherine Groenewald se helderkleurige illu­strasies sal kinders se verbeelding aangryp wanneer hulle lees van donkies, leeus, visse, arende en nog vele meer. Jong lesers sal in verwondering wees oor God se krea­tiwiteit en die skoonheid van die natuur.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Animals of the Bible.

Ratings & Reviews

No reviews available

Be the first to Write a Review