• Home
  • Trek 'n Kruisie Deur Angs: Breek Los Van Die Greep Van Kommer En Stres (Sagteband)

Trek 'n Kruisie Deur Angs: Breek Los Van Die Greep Van Kommer En Stres (Sagteband)

(0) No Reviews yet
R26.09
SKU: 9781949255188

Details

Details

Angs neem baie vorme aan, dis dalk die vrees wat oor jou skouer loer, die paniek wat alewig aan jou sy blyk te wees of die wolk van bekommernis wat oor jou lewe hang. Vir baie mense is dit ’n reus wat hulle wysmaak dat hulle nooit, ooit weer ’n normale lewe gaan kan lei nie; ’n reus wat jou vasvang in ’n greep van duisternis en wanhoop.

Jy kán egter losbreek en sonder angs lewe.

Uit sy eerstehandse ervaring van die stryd teen angs, deel Pastoor Louie Giglio beide praktiese en geestelike wenke om vry te kom. Aan die hand van ’n boodskap van bemoediging en hoop verduidelik hy die paradoks dat angs dalk dood is, maar steeds dodelik is – met ander woorde, angs is steeds oorweldigend, maar daar is egter Iemand wat reeds die oorhand oor angs gekry het.

Hierdie nuttige hulpbron wys jou hoe om ‘n kruisie te trek deur jou angs met die sterkste wapen tot ons beskikking: Jesus se kruis. Elke dag se oordenking sal jou help om een voet voor die ander te sit en grond te wen in die stryd sowel as om bose vestings af te breek omdat Jesus reeds namens jou die oorwinning behaal het.

Ratings & Reviews

No reviews available

Be the first to Write a Review