• Home
  • 2025 Dagboek - Kronos Dagbeplanner - 'n Tyd vir Alles Rooi - Kunsleer

2025 Dagboek - Kronos Dagbeplanner - 'n Tyd vir Alles Rooi - Kunsleer

(0) No Reviews yet
R191.30
SKU: 9780638008647

Details

Details

Die Kronos-dagbeplanner 2025 is ’n 12-maande-dagbeplanner, met uurlikse tydgleuwe vir elke dag van 07:00-20:00. Elke dag het ook ’n Bybelvers of ’n inspirerende aanhaling. Dit het plek om persoonlike inligting en belangrike datums neer te skryf, die vakansiedae vir Suid-Afrika, Namibië en Botswana, Suid-Afrikaanse skoolkwartale, ’n vakansiebeplanner en ’n kaart van internasionale tydsones.

Agter in die dagbeplanner is daar bladsye waar jy notas en lysies kan neerskryf, asook ’n vakkie waarin jy los papiere kan bêre. Die handige geperforeerde hoekies wat kan uitskeur, sal jou help om jou plek te hou. Beplan vir sukses met die visiebord en plek waar jy jou doelwitte vir die jaar kan neerskryf.

Kenmerke:
• 12-maande-dagbeplanner (Januarie 2025-Desember 2025).
•Uurlikse tydgleuwe vir elke dag van 07:00-20:00.
• Kalenders vir 2025 en 2026.
• ’n Maandbeplanner aan die begin van elke maand.
• ’n Mini-jaarkalender vir 2025 bo-aan elke dubbelbladsy.
• Plek om belangrike datums, inligting en kontakbesonderhede neer te skryf.
• ’n Lys vakansiedae vir Suid-Afrika, Namibië en Botswana.
• Suid-Afrikaanse skoolkwartale en ’n vakansiebeplanner.
• Plek om jou doelwitte en visie vir die jaar neer te skryf.
• ’n Kaart met internasionale tydsones.
• Teksverse en inspirerende aanhalings.
• ’n Jaarbeplanner vir 2026.
• Bladsye vir lysies en notas.
• Vakkie agterin vir los papiere.
• Geperforeerde hoekie onder aan elke bladsy.
• Kunsleer-omslag.
• Merklint
• 360 tweekleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels.

Ratings & Reviews

No reviews available

Be the first to Write a Review