• Home
  • Apokriewe: Ou en Nuwe Testament Bruin (Sagteband)

Apokriewe: Ou en Nuwe Testament Bruin (Sagteband)

(0) No Reviews yet
R433.91
SKU: 9780638009026

Details

Details

Naas die 66 boeke wat ons in die Bybel vind, is daar ook ander geskrifte wat uit die tyd van die Ou en Nuwe Testament dateer, naamlik die Apokriewe Boeke. Hierdie verlore boeke uit die Bybelse tyd is in hierdie bundel nuut vertaal in moderne Afrikaans.
Die Apokriewe maak vir lesers die venster oop tot ’n beter begrip van die denk- en leefwêreld van die vroeë Christene en die ou kerkvaders. Dit bied belangrike inligting oor die intertestamentêre tyd en gee antwoorde op vrae waaroor talle Bybellesers wonder. Dit bevat Ou-Testamentiese Apokriewe soos Die Wysheid van Ben Sirag, 1 en 2 Makkabeërs, Tobit en Die Wysheid van Salomo. Die Nuwe Testament sluit boeke soos Die Kindheidsevangelie van Tomas, Die Evangelie van Maria, Die Didagé en Die Openbaring van Paulus in.
In die Apokriewe sal lesers die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek ontdek.

Elke boek bied:
• Tydlyne wat die boek histories posisioneer t.o.v. ander belangrike gebeure
• Inligting oor deur wie, waar, wanneer en vir wie die boek geskryf is
• Die waarde van dié spesifieke boek vir Christene vandag
• ’n Lys verwysings wat aandui waar die spesifieke Apokriewe Boek met die Bybel ooreenstem
• Verrykingsblokkies wat die inhoud verhelder en begrippe duidelik maak
• Meer as 35 000 eksemplare reeds verkoop

Ratings & Reviews

No reviews available

Be the first to Write a Review